3170 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Manlik/vroulik

Hoewel daar deedae 'n neiging is om nie na geslag te verwys nie, uit vrees dat dit as seksisties beskou kan word, besit Afrikaans wel die vermoë om tussen twee geslagte te onderskei. In die meeste gevalle word die manlike vorm (of indien moontlik die onsydige vorm) egter in publikasies gebruik.

 

Dit is daarom nie verkeerd om te sê "Meryl Streep is 'n gesoute akteur" nie.

 

Hier volg enkele voorbeelde van manlike en vroulike vorme.

 

Manlik

Vroulik

akteur

aktrise

bedrieër

bedriegster

beer (vark)

sog

beer (wilde dier)

berin, beerwyfie

boer

boerin (die vrou van 'n boer is 'n boervrou) 

broer

suster

bruidegom

bruid

bul

koei

bulkalf

verskalf

danser

danseres

direkteur

direktrise

eggenoot

eggenote

eienaar

eienares

eksekuteur

eksekutrise

god

godin

haan

hen

heer

dame

hings

merrie

hingsvul

merrievul

inspekteur

inspektrise

Jood

Jodin

keiser

keiserin

kelner

kelnerin

kêrel

nooi, nôi, meisie

kok

kokkin

mannetjie

wyfie

masseur

masseuse

meneer

mevrou, mejuffrou

minnaar

minnares

onderwyser

onderwyseres

oom

tante

orrelis

orreliste

oujongkêrel

oujongnooi

oupa

ouma

pa, vader

ma, moeder

patriarg

matriarg

pianis

pianiste

prins

prinses

ram

ooi

redakteur

redaktrise

regisseur

regisseuse

reun

teef

sanger

sangeres

seekoeibul

seekoeikoei

sekretaris

sekretaresse

seun

meisie, dogter

skilder

skilderes

skoonpa

skoonma

skrywer

skryfster

slaaf

slavin

souffleur

souffleuse

speler

speelster

spreker

spreekster

strooijonker

strooimeisie

swaer

skoonsuster

towenaar

heks, towenares

tsaar

tsarina

verpleër

verpleegster

versorger

versorgster

voorsitter

voorsitster

vors

vorstin

waard

waardin

waarsêer

waarsegster

werker

werkster

wewenaar

weduwee






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties