4343 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-02-2020 (vlak 2)



Geen vorige toets beskikbaar nie 24 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-02-2020 só ingevul:



Skep die sandsuiker uit die konfyt voor jy dit op die tafel sit.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "sandsuiker" in bostaande sin?


68 % (afgerond)soortname
13 % (afgerond)abstrakte naamwoorde
3 % (afgerond)maatname
15 % (afgerond)massaname 

Massaname is selfstandige naamwoorde wat eintlik nie getel kan word nie en neem meestal nie meervoud nie, byvoorbeeld "sandsuiker", "vleis", "goud". Party bronne onderskei tussen massaname en stofname.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Sowat 75 ........ het afgebrand.


1 % (afgerond)woon-strukture
6 % (afgerond)woon strukture
91 % (afgerond)woonstrukture  
1 % (afgerond)woon struktuure

ʼn Samestelling (“woonstrukture”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“woon” en “strukture”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




As dit opgehou reën het, sien 'n mens dikwels ........ .


98 % (afgerond)reënboë 
reënboogs
2 % (afgerond)reënboge
reënbogens

By naamwoorde wat oop “-eg”, “-ieg”, “og”, “oeg” en “oog” eindig, val die “g” weg en kry ’n “ë”, byvoorbeeld “reënboog – reënboë”, “vlieg – vlieë”, “oorlog – oorloë” (AWS 13.11).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die Maleierkoor het almal ........ trane beweeg.


2 % (afgerond)laat
13 % (afgerond)na
79 % (afgerond)tot 
6 % (afgerond)in

Ons sê in Afrikaans jy "beweeg" of "roer" iemand tot trane wanneer jy iets doen om die persoon te laat huil.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties