4317 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-06-2020 (vlak 2)



vorige toets 02 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-06-2020 só ingevul:



Piet is ........ as Christina


die langer
meer lank
meer langer
99 % (afgerond)langer 

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “lank”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “langer” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die langste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Die ekoloog is bekommerd oor die ........ in die gebied.


9 % (afgerond)omgewings agteruitgang
80 % (afgerond)omgewingsagteruitgang 
5 % (afgerond)omgewingagteruitgang
5 % (afgerond)omgewings-agteruitgang

Die “s”-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in ʼn samestelling op “-ing”, “-skap”, “-heid” en “-(i)teit” eindig. Byvoorbeeld "omgewingsagteruitgang” en “identiteitskrisis”. Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf. (Bron: AWS)

Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




My suster was in 'n ........ skool, daarom praat sy nie eintlik meer Afrikaans nie.


80 % (afgerond)Engelse 
1 % (afgerond)Engels
engels
18 % (afgerond)engelse

Byvoeglike naamwoorde wat van taalbenamings afgelei is, behou die hoofletter van die taalbenaming.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.




Jy moet ’n slag tot die huishouding ........ .


12 % (afgerond)bydrae
by-dra
1 % (afgerond)by dra
87 % (afgerond)bydra 

Die woord "bydra" is ’n werkwoord; die woord "bydrae" is ’n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties