3978 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-07-2020 (vlak 3)



vorige toets 10 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-07-2020 só ingevul:



Die twee skole se ........ kom vanmiddag teen mekaar te staan in wat beloof om 'n titaniese stryd om die provinsiale beker te wees.


63 % (afgerond)onder 13-rugbyspanne  
27 % (afgerond)onder-13-rugbyspanne
10 % (afgerond)onder 13 rugbyspanne

Wanneer die bepaler van 'n samestelling bestaan uit 'n woord of afkorting gevolg deur 'n syfer of simbool, word die woord of afkorting in die bepaler los van die syfer of simbool geskryf. Ander voorbeelde: "art. 21-maatskappy", "tipe A-persoonlikheid" en "vitamien E-tekort".
(Bron: AWS 7.2)
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die polisie het op die onwettige wapens ........ .


97 % (afgerond)beslag gelê 
bestek geneem
2 % (afgerond)beslag geneem
bestek gelê

Die Afrikaans vir die Engelse uitdrukking "the matter is settled" is "'n saak kry beslag".
Die Afrikaans vir die Engelse woord "confiscate" is "op iets beslag lê".
Die Afrikaans vir die Engelse uitdrukking "take up time" is "tyd in beslag neem".
(Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




Idioom: Iemand van die egte ........ .


75 % (afgerond)stoffasie
6 % (afgerond)mondering
12 % (afgerond)stempel 
7 % (afgerond)bloed

Die idioom "iemand van die egte stempel" beteken 'iemand met 'n karaktervaste eienskap.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Malé is die hoofstad van die ........ .


23 % (afgerond)Maledive 
13 % (afgerond)Maldive
14 % (afgerond)Maledives
50 % (afgerond)Maldives

Hierdie eilandstaat staan in Afrikaans bekend as die "Maledive" (of "Republiek die Maledive"); in Engels is dit "Maldives" en in Nederlands "Maldiven" of "Malediven".
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
49% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties