'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "verteenwoordig", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Daar was tydens die huldeblyk aan die jong man by die begrafnis 'n hele ........ . Daar was nie 'n droë oog in sig nie!
tranedaal traandal tranedal traandaal
ʼn Samestelling (“tranedal”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“traan” en “dal”) bestaan. Die "e" is 'n verbindingsklank en die "a" word nie verdubbel nie omdat dit 'n lang oop lettergreep is. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Jy moet daardie beeldjies versigtig hanteer; dit is van ........ porselein.
delikate dellikaat delikaat dellikate
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Idioom: ........ sake het geen keer nie.
Gedane Gedoende Afgehandelde
Die idioom "gedane sake het geen keer nie" beteken 'as iets verby is, kan niks meer daaraan gedoen word nie'. (Bron Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)