25 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-05-2022 só ingevul:
Ek hou daarvan om net my ........ te gee.
aller-beste allerbeste aller beste
Woorde met "aller-" word altyd vas geskryf, behalwe "in aller yl" wat ons van Nederlands geërf het.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die kinders noem hom 'n ........ besembek ........ .
dubbelaanhalingstekens geen leestekens hakies enkelaanhalingstekens
Ons gebruik dubbelaanhalingstekens om 'n aanhaling aan te dui. Dit kan 'n woord, frase, sin of 'n langer stuk teks wees. (AWS13.4)
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.
Die juwelier het my verlede week meegedeel dat ........ 'n duur edelsteen is.
Smerag smarag Smarag smerag
Benamings van edelstene (wat dus goud, silwer, diamant en saffier insluit) word altyd met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)