4634 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-05-2022 (vlak 3)



vorige toets 25 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-05-2022 só ingevul:



Die sebra-engelvis (só genoem weens sy ........ voorkoms), leef van plankton.


12 % (afgerond)slegs sebraägtige
8 % (afgerond)slegs zebraägtige
65 % (afgerond)sebraägtige of sebra-agtige 
15 % (afgerond)sebraägtige of zebra-agtige

Woorde wat op 'n "a" eindig en "–agtig" agterna het, kry 'n deelteken óf koppelteken.
(Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/Genicanthus_caudovittatus)
Sien ook die bladsy Deelteken.




Mosambiek het voorheen bekend gestaan as ........ .


5 % (afgerond)Portugees Oos Afrika
40 % (afgerond)Portugees Oos-Afrika
2 % (afgerond)Portugeesoosafrika
53 % (afgerond)Portugees-Oos-Afrika 

In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat die onverboë vorm van 'n byvoeglike naamwoord is wat normaalweg 'n attributiewe "-e" neem, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die hoofelement vas geskryf.
Ander voorbeelde sluit in: "Ekwatoriaal-Guinee", "Spaans-Noord-Afrika" en "Brits-Columbië". (Bron: AWS 12.31)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Na die oorlog het baie Suid-Afrikaners 'n ........ houding gehad.


6 % (afgerond)Anti-Engelse
3 % (afgerond)Anti-engelse
90 % (afgerond)anti-Engelse 
Antiëngelse

By byvoeglike naamwoorde wat met voorvoegsels van Klassieke herkoms (soos "anti-" en "pro-") van taalbenaming afgelei is, begin die taalbenaming met 'n hoofletter na die koppelteken wat die voorvoegsel aan die taalbenaming bind.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Idioom: Ai, hy kon met hierdie geskenk net sowel ........ na Noorweë gestuur het!


12 % (afgerond)gordels
8 % (afgerond)pilare
59 % (afgerond)balke  
21 % (afgerond)skoene

Die idioom "om balke na Noorweë te stuur" beteken 'om vir iemand iets te stuur waarvan hy baie het'.
In Engels is dit "send coals to Newcastle".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties