3722 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-08-2022 (vlak 2)



vorige toets 11 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-08-2022 só ingevul:



Onthou om vir ons ........ van die winkel af te bring.


15 % (afgerond)makaroni
3 % (afgerond)macaronie
82 % (afgerond)macaroni 

Vreemde woorde ("macaroni") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




Jy moet oppas vir daardie kind; hy is nog ........ as Japie.


4 % (afgerond)voorder op die wa
94 % (afgerond)meer voor op die wa 
1 % (afgerond)voor op die waër
1 % (afgerond)voor op die waer

Volgens die AWS is "voor op die wa" se vergelykende trap "meer voor op die wa".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Henk van Woerden vertel die verhaal van Dimitri Tsafendas in " ........ ".


68 % (afgerond)Domein van Glas of Domein van glas 
12 % (afgerond)slegs Doemein Van Glas
19 % (afgerond)slegs Domein van glas
1 % (afgerond)slegs domein van glas

Die eerste woord van 'n publikasietitel begin met 'n hoofletter, terwyl die ander hoofwoorde met hoofletters of kleinletters geskryf kan word.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




Ek het "green pepper" vir die slaai nodig.
Die Afrikaans vir "green pepper" is ........ .


13 % (afgerond)groenpeper
80 % (afgerond)soetrissie 
2 % (afgerond)groen peper
4 % (afgerond)soetpeper

Die Afrikaans vir die rissie met die wetenskaplike naam Capsicum annuum, wat in Engels as "green pepper" bekend staan, is in Afrikaans "soetrissie". Aangesien daar verskillende kleurvariasies van die plant voorkom, kan 'n mens praat van 'n groen, rooi of geel soetrissie.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties