2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-08-2024 (vlak 1)



vorige toets 15 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-08-2024 só ingevul:



Arnold en Janine beplan om hulle ........ op 'n tropiese eiland deur te bring.
5 % (afgerond)witbrood
1 % (afgerond)witte brood
2 % (afgerond)wit brood
92 % (afgerond)wittebrood 

Byvoeglike naamwoorde (soos "wit" of "warm") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "brood" of "kos") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het, vorm die twee begrippe 'n eenheid en word hulle dan vas as een woord geskryf. Die woord "wittebrood" is 'n vaste begrip wat ontstaan het deur die betekenisverdigting van die twee woordelemente "wit(te)" en "brood" tot die konsep van 'n 'huweliksreis' of 'vakansie ná 'n troue'.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



........ het sy gevra.
75 % (afgerond)"Hoe laat is dit nou?",  
6 % (afgerond)"Hoe laat is dit nou"?,
19 % (afgerond)Hoe laat is dit nou?,

Aanhalingstekens kan gebruik word om direkte rede aan te dui.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.



Toe ek die ........ hoor, kyk ek op en hier voor my op die tak is 'n yslike mamba!
12 % (afgerond)geblaas
2 % (afgerond)gepiep
2 % (afgerond)gegons
85 % (afgerond)gesis 

Muise piep, insekte gons, makoue blaas en slange sis. Pofadders kan ook blaas.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



Die ........ hou die naweek 'n kongres.

1 % (afgerond)federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings
4 % (afgerond)federasie van Afrikaanse kultuurverenigings
95 % (afgerond)Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings 
federasie van afrikaanse kultuurverenigings

Eiename en plekname word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties