03 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-09-2024 só ingevul:
Kaapstad is aan die voet van die wêreldbekende Tafelberg geleë en is een van die ........ internasionale bestemmings vir toeriste.
gesoekste
mees gesoekte
mees gesogste mees gesogte
In die oortreffende trap word die woord “mees” nooit saam met “-ste” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Ek sit in 'n ........ ; my motor wil nie vat nie, so ek sal nie vanaand kan kom kuier nie.
pinnari penarie
pinarie
pennarie
Die [ә]-klank word in onbeklemtoonde lettergrepe en sommige voorvoegsels met “e” geskryf (AWS 16.14).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die ........ van Mosselbaai het die verrigtinge geopen.
burgermeester of Burgermeester
Burgemeester burgemeester of Burgemeester
burgemeester
'n Ampsbenaming wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Sal jy asseblief die baba se luier omruil? Die motor luier by die verkeerslig. Die woord "luier" in bostaande sinne is 'n ........ ?
antoniem
homofoon
poliseem homoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “luier” (‘doek’) en “luier” (‘voertuig wat stadig loop’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)