2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 17 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-09-2024 só ingevul:



Die bure het ’n ........ hond, daarom het niemand nog by hulle ingebreek nie.
99 % (afgerond)aggressiewe 
1 % (afgerond)aggressie
aggressiew
1 % (afgerond)aggressief

Woorde wat op ʼn lang vokaal en ʼn "f" eindig, kry ʼn "w" in die attributiewe vorm, byvoorbeeld "aggressief – aggressiewe".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Het jy al die ........ vir volgende maand gedoen?
93 % (afgerond)beplanning 
4 % (afgerond)planning
3 % (afgerond)beplaning
baplaning

As ’n stam van ’n woord uitgaan op [a], [ε], [ͻ], [ә] of [œ] en ’n konsonant, word die konsonant in die afleidings verdubbel, byvoorbeeld “beplanning”, “detailleer”, “blikkie”, “beddens”, “kramatte” (AWS 11.26).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Vandat ek verlede jaar in Taiwan was, is ek mal oor ........ kos.
20 % (afgerond)Taiwannese 
24 % (afgerond)Thaise
7 % (afgerond)Taise
50 % (afgerond)Taiwanese

Iets wat afkomstig is van Taiwan is Taiwannees of Taiwans. Iemand wat van Taiwan kom, is 'n Taiwanner of Taiwannees.
As iets van Thailand kom, is dit Thais.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Ons moet ons erfenis vir die nageslag ........ .
2 % (afgerond)hou
1 % (afgerond)onthou
97 % (afgerond)behou 

Sommige woorde lyk soos sinonieme maar het verskillende nuanses of word verskillend gebruik. ʼn Mens moet gewoon hierdie woorde leer.
Die woord "behou" beteken 'nie verloor nie'; die woord "hou" beteken 'iets in jou greep hê'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties