2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 17 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-09-2024 só ingevul:



Jy moet elke dag probeer om 'n verskeidenheid ........ in te kry.
2 % (afgerond)vietamine
29 % (afgerond)vitamine
16 % (afgerond)vitamienes
53 % (afgerond)vitamines 

Die meervoud van "vitamine" is "vitamines". Die wisselvorm "vitamien" met meervoud "vitamiene" word ook erken.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



My sussie se kind is die kleinste ........ in die familie.
74 % (afgerond)Cilliers'tjie 
12 % (afgerond)Cilliersjie of Cilliers'jie
13 % (afgerond)Cillierstjie
2 % (afgerond)Cillierskie

Eiename wat eindig op "rs" wat nie uitgespreek word nie, kry 'n verkleiningsvorm met "-'tjie". In Afrikaans word "Cilliers" uitgespreek as 'sil-jee'.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Sy studeer ........ .
7 % (afgerond)algemene taalwetenskap
44 % (afgerond)Algemene Taalwetenskap of algemene taalwetenskap 
46 % (afgerond)Algemene Taalwetenskap
3 % (afgerond)Algemene-Taalwetenskap

Die name van vakke en dissiplines word met 'n hoof- of 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Die ........ geslagsrol dui op die onderskrywing van beide manlike en vroulike rolle.
9 % (afgerond)androgenetiese
53 % (afgerond)androgene
21 % (afgerond)androgiene 
18 % (afgerond)androgeniese

Die byvoeglike naamwoord "androgiene" beteken 'wat betrekking het op beide geslagte', terwyl die byvoeglike naamwoord "androgene" beteken 'wat betrekking het op die manlike geslag'. Die vorme "androgenies" en "androgeneties" word nie in Afrikaans gebruik nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
48% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties