27 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 27-05-2025 só ingevul:
Die agapante in tannie Jean se tuin groei die ........ van al haar plante.
mees welige weligste meer weligste mees weligste
Adjektiewe wat op "-ig" eindig, neem normaalweg slegs 'n "-ste" in die oortreffende trap. Ander voorbeelde sluit in: "pragtig" > "pragtigste" en "oproerig" > "oproerigste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die rektor van die universiteit moes die woedende skare ........ en hulle probeer kalmeer.
trotsser trotsseer trotser trotseer
In geslote lettergrepe (soos in die woord “trotseer”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Met ʼn ysere wil het ........ burgemeester die ordonnansie afgedwing.
haar edelagbare Haar edelagbare haar Edelagbare Haar Edelagbare
Dele van sommige formele aanspreekvorme begin met hoofletters, byvoorbeeld U Edelagbare, Haar Majesteit.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Die kinders was in vervoering met die ........ van die nar by die sirkus.
kaperjolle kapperjolle kapperjols kaperjole
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “kaperjolle”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)