04 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-03-2025 só ingevul:
Jane se kinders is nog ........ as Candice s'n. Hulle sit nooit stil nie.
mees rusteloos rusteloos meer rusteloser rusteloser
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “rusteloos”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “rusteloser” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die rusteloosste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Pretty Yende het haar ........ in die Metropolitan Opera gemaak.
debuut dibiet debut debiet
In geslote lettergrepe (soos in die woord “debuut”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die ........ neem al drie weke lank aan 'n staking weens 'n loongeskil deel.
busdrywers of busbestuurders slegs busbestuurders slegs busdrywers buschauffeurs
Hoewel die woord "drywer" in die omgangstaal baiekeer in plaas van "bestuurder" gebruik word, word dit nie aanbeveel nie, byvoorbeeld "vragmotorbestuurder", "busbestuurder". Die persoon wat in beheer van 'n trein is, is 'n "masjinis". 'n Sinoniem vir motorbestuurder is "motoris".
Ek wil graag tydens die ........ by die konsert 'n koppie koffie drink.
breuk interval pouse intermezzo
Die onderbreking by 'n konsert of tydens skoolure word 'n "pouse" genoem. Die afstand tussen twee note is 'n "interval". 'n "Breuk" is iets wat gebreek het. Die woord "intermezzo" is 'n musiekterm wat verwys na 'n komposisie wat gewoonlik tussen twee bedrywe van 'n opera, ballet of dergelike uitgevoer word, byvoorbeeld die "Intermezzo" uit Cavelaria Rusticana. Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)