29 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-04-2025 só ingevul:
Dit is die ........ rolprent wat ek in 'n lang tyd gesien het.
interessantste mees interessantste interessante meer interessante
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “interessant”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “interessanter” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die interessantste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Ek dink jy moet maar in die ........ parkeer, anders gaan jy sukkel om parkeerplek te kry.
parkaade perkade perkaade parkade
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Vanaf haar derde jaar het Tanya in ........ begin spesialiseer.
slegs Psigolinguistiek slegs psigolinguistiek psigolinguistiek of Psigolinguistiek
Name van vakgebiede (soos privaatreg, wiskunde, bedryfsekonomie, ensovoorts) word nie verpligtend met 'n hoofletter geskryf nie.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Die lawaaierige studente is by die woonstel ........ nadat verskeie klagtes ontvang is.
uitgebind uitgeboender uitgebondel
Die woord "uitboender" beteken "hardhandig uitsmyt of wegjaag"; die werkwoord "bondel" beteken "onordelik saamdrom".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)