18 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-03-2025 só ingevul:
Skuurpapier is ........ as satyn.
meer grof meer groweer groffer growwer
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “grof”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “growwer” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die grofste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Ná 'n hewige rusie het ons vriendskap ........ .
verbrokkel ferbrokkel firbrokkel virbrokkel
Die [ә]-klank word in onbeklemtoonde lettergrepe en sommige voorvoegsels met “e” geskryf (AWS 16.14).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die ........ het die speler geskors.
nasionale sokkerliga Nasionale Sokkerliga nasionale Sokkerliga Nasionale sokkerliga
Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van organisasies, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.
Die VSA en Brittanje het die kwessie op die agenda van die VN se veiligheidsraad probeer plaas, maar dit is deur China en Rusland ........ .
geveto gefeto gefeetoe geveetoe
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm. Die woord "veto" kom van Latyn en beteken 'ek verbied'. Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)