2553 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 31-03-2025 (vlak 2)



vorige toets 31 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 31-03-2025 só ingevul:



Jy moet jou opstelle 'n bietjie ........ skryf, dan sal jy meer punte kry.
84 % (afgerond)bondiger 
13 % (afgerond)meer bondig
3 % (afgerond)meer bondiger
meer bondigste

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “bondig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “bondiger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die bondigste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Shamiela is die juffrou se ........ , daarom kry sy nooit raas nie.
1 % (afgerond)witbrood
wit brood
1 % (afgerond)wit broodjie
98 % (afgerond)witbroodjie 

Wanneer ’n naamwoord ("brood") plus ’n kleur ("wit") met verloop van tyd ’n gespesialiseerde betekenis verkry wat verskil van die oorspronklike groep, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Lang Lang is die ........ pianis wat ek nog hoor speel het.
1 % (afgerond)mees briljant
91 % (afgerond)briljantste  
8 % (afgerond)mees briljantste
meer briljantste

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “biljant”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “briljanter” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die briljantste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Die afrigter sê ons moet die wedstryd ........ wen.
5 % (afgerond)teen alle koste
7 % (afgerond)teen elke prys
77 % (afgerond)ten alle koste
11 % (afgerond)tot elke prys 

Die korrekte Afrikaans vir "at all costs" is "tot elke prys". Afhangende van die konteks is daar natuurlik ook ander moontlikhede, soos 'kom wat wil".
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties