0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-03-2026 (vlak 1)



vorige toets 20 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-03-2026 só ingevul:



Jy kan buite speel, ........ jou huiswerk klaar is.
94 % (afgerond)mits 
6 % (afgerond)tensy

"Mits" en "tensy" word soms met mekaar verwar; in hierdie geval is "mits" die korrekte woord.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Dis maar ʼn ........ klomp wat daar naby die brug woon. Hulle hou elke aand partytjie.
2 % (afgerond)rof
96 % (afgerond)rowwe 
2 % (afgerond)roffe

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan. Woorde wat op ʼn kort vokaal en ʼn "f" eindig ("rof"), kry "ww" in die meervoud of verboë vorm ("rowwe").
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Dit is nie iets wat ’n mens sonder ........ aanpak nie.
3 % (afgerond)toerusting
klere
18 % (afgerond)voorbereiding
79 % (afgerond)handskoene 

Die idioom "nie ’n saak sonder handskoene aanpak nie" beteken ‘dis nie ’n saak waarin jy jou ligtelik moet begewe nie’. Die Engelse weergawe van hierdie spreekwoord is, ‘it is something to be handled with velvet gloves’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die afkorting "AWS" staan vir ........ .
4 % (afgerond)Amerikaanse Woordelys en Spelreëls
1 % (afgerond)Arabiese Wetenskap en Skeikunde
87 % (afgerond)Afrikaanse Woordelys en Spelreëls 
8 % (afgerond)Afrikaanse Wetenskap en Skeikunde

Die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) is 'n publikasie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns met spelreëls, 'n woordelys en 'n afkortingslys vir Afrikaans.

Sien ook die bladsy Afkortings.



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties