27 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 27-04-2026 só ingevul:
Ek dink jy moet hierdie paragraaf ........ .
skraap skraep skrop skrap
Die woord "skrap" beteken 'verwyder'; die woord "skraap" beteken 'krap' of 'met 'n skerp voorwerp bestryk'. (Bron HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Idioom: Moenie 'n ........ van jou hart maak nie.
tronk grot herberg moordkuil
Dit was die bekende Fuga in ........ van JS Bach.
G mineur g-mineur G-mineur g mineur
Samestellings met ’n syfer of simbool ("G-mineur") word met ’n koppelteken geskryf. Die naam van die toonsoort word volgens die AWS altyd met 'n hoofletter geskryf, hoewel in sommige musiekkringe mineurtoonsoorte met kleinletters geskryf word om dit van majeurtoonsoorte te onderskei.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die afkorting "adv." staan vir ........ .
adviseur aan die vereiste advokaat advertensie
Die afkorting "adv." word as afkorting gebruik vir die woorde "advokaat", "adverbiaal" en "advies". 'n Volledige lys van afkortings verskyn agterin die AWS.
Sien ook die bladsy Afkortings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)