2069 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-04-2026 (vlak 3)



vorige toets 30 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-04-2026 só ingevul:



Die ........ breek deur die kors van die ........ lande.
2 % (afgerond)ploëe ; droëe
88 % (afgerond)ploeë ; droë 
6 % (afgerond)ploeë ; droeë
4 % (afgerond)ploë ; droë

Sommige eenlettergrepige woorde wat eindig op "d" of "g" en voorafgegaan word deur 'n lang vokaal, kry 'n "-e" in die attributiewe posisie en verloor die "d" of "g".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



In die tuin groei daar 'n pragtige ........ .
4 % (afgerond)affoddil
2 % (afgerond)afoddil
94 % (afgerond)affodil 
affodul

Die konsonant wat volg op 'n kort vokaal word gewoonlik verdubbel.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Sowat 50 ........ is na die geleentheid genooi.
5 % (afgerond)oud SWD rugbylegendes
oudSWDrugbylegendes
61 % (afgerond)oud-SWD-rugbylegendes 
34 % (afgerond)oud SWD-rugbylegendes

By samestellings met lettername word die letter met 'n koppelteken aan die res van die woord gekoppel. Voorvoegsels van letternaamsamestellings kry ook 'n koppelteken aan die res van die woord, byvoorbeeld "SWD-rugbylegendes - oud-SWD-rugbylegendes", "BTW-prys - pre-BTW-prys", "MK-kader - eks-MK-kader" (AWS 12.9).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Klerikale werk word meestal uitgevoer deur ........ .
5 % (afgerond)'n bode
43 % (afgerond)'n klerk
2 % (afgerond)'n kantoorhoof
50 % (afgerond)iemand verbonde aan 'n kerk 

'n Sinoniem vir "klerikaal" is "kerklik"; klerikale werk word dus deur 'n geestelike of iemand wat verbonde is aan 'n kerk uitgevoer.
Werk wat deur 'n klerk uitgevoer word, kan beskryf word as "klerklike werk".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties