1945 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-06-2026 (vlak 2)



vorige toets 17 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-06-2026 só ingevul:



Frederik kom ........ by my kuier.
43 % (afgerond)Vrydagmiddag of Vrydag middag
48 % (afgerond)Vrydagmiddag of Vrydag-middag 
1 % (afgerond)Vrydag-middag
7 % (afgerond)Vrydag middag

Eienaamverbindings waarin die eienaam as eerste lid optree, word slegs vas geskryf, met of sonder 'n koppelteken.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



'n Pa en sy driejarige kind is dood in 'n brand in die Good Hope-informele nedersetting naby Germiston aan die ........ .
21 % (afgerond)Oosrand
2 % (afgerond)oosrand
68 % (afgerond)Oos-Rand 
8 % (afgerond)Oos Rand

Geografiese name wat 'n rigting aandui en uit 'n eienaam bestaan, word met 'n koppelteken vas geskryf. (AWS 12.31)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Sy wil nou allerlei veranderings aan die opvoering voorstel, maar dis ongelukkig ........ ná die maal.
23 % (afgerond)mostert
76 % (afgerond)mosterd 
1 % (afgerond)whisky of whiskey
sout

Die idioom "mosterd na die maal" beteken 'te laat wees'.
Let daarop dat "mosterd" met 'n "d" gespel word. Die van "Mostert" word wel met 'n "t" gespel.
(Bron: HAT6)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



My pa gaan vanmiddag met 'n ........ praat.
5 % (afgerond)Advokaat
Advokaad
4 % (afgerond)advokaad
91 % (afgerond)advokaat 

Waar aanhefvorme sonder 'n daaropvolgende eienaam nie as aanspreekvorme gebruik word nie, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties