18 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-06-2026 só ingevul:
Ons het ter ere van Nelson Mandela die ........ gaan besoek.
Kunu-museum Cunu museum Qunu museum Qunu-museum
Eienaamverbindings as soortnaam of massanaamwoord waarin die eienaam as eerste lid optree, word slegs vas geskryf, met of sonder 'n koppelteken.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
Kan ʼn mens alles glo wat jy in die ........ lees?
prês pres pers pêrs
Wanneer ʼn geslote lettergreep deur meer as een medeklinker ("rs") afgesluit word, kry die "e" nie ʼn kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.
Idioom: Die ........ kom met die grysheid.
grouheid blyheid wysheid
Die idioom "die wysheid kom met die grysheid" beteken 'ou mense het baie ervaring en kennis'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die ........ sê ons moet waak teen ons sondige natuur.
Dominie dominee Dominee dominie
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "dominee", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)