1945 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-06-2026 (vlak 2)



vorige toets 23 JUN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-06-2026 só ingevul:



Lodewyk het sy tafel ........ geskuur as die res van die groep.
1 % (afgerond)gladdiger
gladagtiger
98 % (afgerond)gladder 
1 % (afgerond)glader

Wanneer "glad" in die vergrotende trap gebruik word, verdubbel die eindkonsonant en kry dit 'n bykomende "-er".
Ander voorbeelde sluit in:
"bot" word "botter"
"fris" word "frisser"
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Die baas is verskriklik ........ ; as 'n mens vyf minute laat kom, kry jy sommer 'n skriftelike waarskuwing.
95 % (afgerond)militaristies 
3 % (afgerond)millitaresties
millitaressties
3 % (afgerond)militarissties

Die [ә]-klank word in beklemtoonde lettergrepe en agtervoegsels met “i” geskryf (AWS 16.13).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Sjoe, maar die ........ in jou tuin is darem mooi!
madelifi's
90 % (afgerond)madeliefies 
10 % (afgerond)Madeliefies
Madelifi's

Gewone name van plante en diere word met kleinletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Die houtkapper het vandag baie bome gevel.
Die vonnis word môre gevel.
Die woord "gevel" in bostaande sinne is 'n ........

78 % (afgerond)homoniem 
13 % (afgerond)homofoon
8 % (afgerond)poliseem
1 % (afgerond)antoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “vel” (‘bome afkap’) en “vel” (‘vonnis’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties