23 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-06-2026 só ingevul:
'n Fabriekswerker het gesterf nadat ........ bo-op hom geval het.
masjineri mashinerie masjienerie masjinerie
In afleidings met agtervoegsels van Romaanse en Klassieke herkoms, wat deur 'n [i]-klank voorafgegaan word, word die klank met 'n "i" geskryf, byvoorbeeld "distansieer", "finansieel", "materiaal", "masjinerie" en "naïwiteit" (AWS 16.12).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die Roux-gesin kom gereeld voor 'n ........ probleem te staan.
verskriklik verskriklikke verskriklike
Wanneer "verskriklik" voor 'n selfstandige naamwoord gebruik word, skryf ons "verskriklike". Die laaste "k" word nie verdubbel nie, aangesien die "i" nie beklemtoon is nie.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Tony Blair is 'n ........ wat van 1997 tot 2007 die eerste minister van Groot-Brittanje was.
arbeider Arbeider
Die lid van 'n politieke party word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Dis nie te ........ dat die span die toets al wen nie; hulle het die afgelope seisoen goed gespeel.
verregaande vergesogt vergesog vergegaan
Die woord "vergesog" beteken 'geforseerd' of 'wat ver byeengebring is'; die woord "verregaande" beteken 'buitensporig', 'erg' of 'moedswillig'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)