1834 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-08-2026 (vlak 2)



vorige toets 04 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-08-2026 só ingevul:



Maak die ........ toe dat die son nie so op die kamer bak nie.
89 % (afgerond)hortjies 
4 % (afgerond)hordjies
1 % (afgerond)hortkies
7 % (afgerond)horkies

Alle woorde wat eindig op ʼn “d” of ʼn “t” kry “-jie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Die sakeman dink hy's so belangrik hy maak seker hy word altyd deur sy ........ vergesel.
1 % (afgerond)lakeis
1 % (afgerond)lakys
10 % (afgerond)lakye
88 % (afgerond)lakeie 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “ei” en “y”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die wêreldbekende musiekfees wat jaarliks in Augustus naby Northam in Limpopo plaasvind, is ........ .

86 % (afgerond)Oppikoppie 
3 % (afgerond)Op die Koppie
9 % (afgerond)Oppiekoppie
2 % (afgerond)oppikoppie

Name van feeste word met hoofletters geskryf, byvoorbeeld "Oppikoppie", "Aardklop" en "Innibos".
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Chris moet die nominasies aan sy opvolger ........ .
16 % (afgerond)nalaat
78 % (afgerond)oorlaat 
7 % (afgerond)laat

Die woord "oorlaat" beteken onder andere 'aan 'n ander toevertrou'; die woord "nalaat" beteken 'iets vir iemand agterlaat as jy sterf'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties