11 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-08-2026 só ingevul:
Ferdi is die ........ lid van die gemeente.
aktiefste mees aktiefste meer aktiefste
Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “aktief”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “aktiewer” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die aktiefste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Ek sal jou gul ........ sodra jy met die werk klaar is.
virgoed vir goed ver goed vergoed
Homofone is woorde wat dieselfde uitgespreek word, maar verskillend gespel word en verskillende betekenisse het. "Vir goed" is wanneer iemand byvoorbeeld "vir goed" klaar is met iets (om dit vir altyd af te lê), terwyl "vergoed" beteken 'beloon' of 'betaal'.
Sien ook die bladsy Homofone.
Die eerste Suid-Afrikaner wat ʼn hart suksesvol oorgeplant het, is ........ .
Chris Barnat Chris Barnard Kris Barnat Kris Barnard
Persoonseiename, d.w.s. die naam van ʼn persoon, word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Ons almal het hom gewaarsku; ........ het hy alleen gaan stap.
daarom derhalwe nietemin inteendeel
Die voegwoordelike bywoord "nietemin" beteken dieselfde as 'nogtans', 'hoe dit ook al sy' en 'desnieteenstaande'. Die kommapunt word voor die voegwoordelike bywoorde "daarom", "derhalwe", "dus", "gevolglik", "inteendeel", "nietemin", "nogtans" en "tog" gebruik.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)