16 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-09-2026 só ingevul:
Die koringoes ........ wat beloof om verlede jaar se goeie syfers te oortref ........ behoort die druk op die landbousektor te verlig.
slegs , en , slegs - en - - en - of , en , of ( en ) slegs ( en )
Die aandagstreep word gebruik om 'n parentese aan te dui. Die deel buite die parentese moet grammatikaal korrek wees. Die parentese kan ook met kommas of hakies vervang word. (AWS 13.1)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.
Die skool is onlangs aangewys as een van die ........ .
top-openbare-skole top- openbare skole top openbare skole top openbare skole of top- openbare skole
Volgens die nuwe AWS is 'n koppelteken verpligtend by afstandsamestellings. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“openbare”) sou dit vas geskryf word as “topskole” (AWS 12.25). Die woorddeel "top" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie en word altyd vas aan 'n naamwoord in 'n samestelling geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Na die oorlog het baie Suid-Afrikaners 'n ........ houding gehad.
anti-Engelse Anti-engelse Anti-Engelse Antiëngelse
By byvoeglike naamwoorde wat met voorvoegsels van Klassieke herkoms (soos "anti-" en "pro-") van taalbenaming afgelei is, begin die taalbenaming met 'n hoofletter na die koppelteken wat die voorvoegsel aan die taalbenaming bind.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Dit is nie net bere wat brom nie, ........ brom ook.
uile renosters leeus volstruise
Leeus brul, renosters snork en uile hoe-hoe, roep of steun.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)