17 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-11-2026 só ingevul:
Amber het die ........ vrou oor die straat gehelp.
blinte blint blinde blind
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("blind"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die ........ voor die uitbreek van die Groot Depressie is gekenmerk deur die verbod op alkohol in die VSA.
dekaade dekade dekkade dikade
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Daardie winkel is bekend vir hul gesogte ........ .
persiëmatte Persiëmatte Persiese matte persiese matte
Geografiese byvoeglike naamwoorde word altyd met 'n hoofletter geskryf, byvoorbeeld "Persiese matte", "Indiese kerrie", "Amerikaanse dennehout".
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Harde musiek is skadelik vir jou ........ .
oordromme oortromme of oordromme oortromme oordrommels
Die oorspronklike woord is "oortrommel" (wat steeds gebruik word). Dit word ingekort as "oortrom" en ook uitgespreek as "oordrom". Dus is "oortrommel", "oortrom" en "oordrom" korrek.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)