2982 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antonieme

Antonieme is woorde wat teenoorgestelde betekenisse het, soos dag teenoor nag, warm teenoor koud, en op teenoor af. Die woord antoniem kom uit die Griekse anti ("teenoorgestelde") en onoma ("naam").

 

Antonieme is slegs van toepassing op die betekenis van woorde en nie die werklike konsepte wat die woorde onderlê nie. So byvoorbeeld is kind en ouer antonieme, maar iemand wat 'n ouer is, mag ook weer 'n ander persoon se kind wees.

 

Voorbeelde van antonieme

  • aaklig teenoor mooi, aangenaam, lekker, heerlik
  • baie teenoor min
  • chaos teenoor orde, kosmos
  • fiksie teenoor nie-fiksie, feiteliteratuur
  • flink teenoor dooierig, lusteloos, lui
  • geleidelik teenoor vinnig, onmiddellik, oombliklik, dadelik, skielik
  • opgewek teenoor neerslagtig, hartseer, treurig
  • passief teenoor aktief, aktiefvorm, bedrywende vorm
  • uitbundig teenoor teruggetrokke, ingehoue, ingetoë
  • weelderig teenoor eenvoudig, kaal, onversier, onopgesmuk





  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties