3170 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Vertaling en terminologie

Terminologie is die studie van terme en die gebruik daarvan. Terme is woorde en saamgestelde woorde wat in 'n bepaalde konteks of vakgebied spesifieke betekenis het; betekenisse wat kan afwyk van die betekenis van dieselfde woorde in ander kontekste en in alledaagse taal. Sonder terminologie sal dit baie moeilik wees om in bepaalde dissiplines te kommunikeer, omdat alles omskryf sal moet word.

 


In die taalkunde werk ons met terme soos agtervoegsel, akroniem, anglisisme, byvoeglike naamwoord (ook ’n adjektief genoem), werkwoord, hulpwerkwoord, konsonant, lettergreep, ensomeer om ons te help om meer akkuraat oor taal te kan praat.

 


Ekonomiese terme sluit byvoorbeeld in woorde soos inflasie, debiteurerekening, tekortstaat, deflasiemaatreël, goederekapitaal, prohibisiestelsel, winsoogmerk, ens.

 






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties