3765 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-10-2019 (vlak 1)



vorige toets 18 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-10-2019 só ingevul:



Die woord "sus" in die volgende sinne is 'n ........ .
My sus het hierdie boek vir my persent gegee.
Die ma sus die baba aan die slaap.


3 % (afgerond)mononiem
15 % (afgerond)homofoon
80 % (afgerond)homoniem 
2 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “sus” (‘verkorting van suster’) en “sus” (‘laat bedaar’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




Die protestantse en katolieke kerke het elkeen verskillende ........ .


1 % (afgerond)tradusie’s
3 % (afgerond)tradisi’s
93 % (afgerond)tradisies 
3 % (afgerond)tradusies

Woorde wat op "a", "e", "i", "o", "u" wat nie ’n tweeklank is nie en op ’n onbeklemtoonde "ie" of "ee" eindig ("tradisie"), kry "-s" in die meervoud (AWS 13.5).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Idioom: Skouer aan/teen die ........ sit.


8 % (afgerond)kar
78 % (afgerond)wiel 
15 % (afgerond)wa

Die idioom "skouer aan/teen wiel sit" beteken' om alle kragte in te span'.
Dit is 'n wysiging van die Nederlandse "de hand aan het wiel leggen". Dit is waarskynlik versterk met die Voortrekkers wat letterlik skouer aan die wiel moes sit om deur moeilike driwwe en oor bulte te kom.
In Engels sê 'n mens: "Put one's shoulder to the wheel".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die wedstryd ........ .



86 % (afgerond)vind môre plaas 
6 % (afgerond)plaasgevind môre
4 % (afgerond)plaasvind môre
4 % (afgerond)vind plaas môre

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die wedstryd vind môre plaas.” en “Die wedstryd sal môre plaasvind.”
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties