2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-08-2024 (vlak 2)



Geen vorige toets beskikbaar nie 12 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-08-2024 só ingevul:



Diana het haar daarmee versoen dat haar aansoek afgekeur is.
Wat is die woordsoort van die woord "versoen" in bostaande sin?
84 % (afgerond)werkwoord 
telwoord
14 % (afgerond)hulpwerkwoord
2 % (afgerond)voegwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan. Dit word dikwels met "ge-" aangedui, maar sommige woorde, soos "versoen", kry nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Identifiseer die FOUT in die volgende sin:
Daar word talle sportmotors teen weggeepryse in die tweedehandse motorgids geadverteer.
4 % (afgerond)sportmotors
65 % (afgerond)tweedehandse motorgids 
15 % (afgerond)weggeepryse
16 % (afgerond)geadverteer

Die korrekte skryfwyse van "tweedehandse motorgids" is "tweedehandsemotorgids". Dit is 'n samestellende samestelling wat bestaan uit 'n woordgroep ("tweedehandse motor") plus naamwoord ("gids").
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Hierdie hemp is ........ as daardie een.
3 % (afgerond)grooter
94 % (afgerond)groter 
3 % (afgerond)grootter

Die vergrotende trap van "groot" is "groter" en die oortreffende trap is "grootste".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Green Peace was tereg ontstoke nadat die vissers weereens dolfyne ........ gemaak het.

48 % (afgerond)van kant 
49 % (afgerond)vankant
3 % (afgerond)vakant

Die uitdrukking "iets van kant maak" beteken om 'iets dood te maak' of 'uit die weg te ruim'. Die woorde "van kant" word los geskryf.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties