2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 19 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-08-2024 só ingevul:



Wat is die korrekte manier om die woord "koerantjie" oor twee reëls af te breek?
45 % (afgerond)koerant-jie 
55 % (afgerond)koeran-tjie

Indien die stam van 'n woord op "d" of "t" eindig en die verkleinwoord gevorm word deur die toevoeging van "-jie", word daar altyd tussen die "d" of "t" en die "-jie" afgebreek (AWS 1.14).
Sien ook die bladsy Woordafbreking.



'n ........ het ook vier suiers wat op en af in die silinders beweeg.

91 % (afgerond)Viersilinderenjin  
1 % (afgerond)Vier silinder enjin
4 % (afgerond)Vier-silinder-enjin
4 % (afgerond)Vier silinder-enjin

ʼn Samestelling (“viersilinderenjin”) is ʼn woord wat uit meer woorddele (“vier”, “silinder” en “enjin”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die manlik en vroulik vir 'n dosent aan 'n universiteit is 'n ........ .
1 % (afgerond)lektoor en lektorise
98 % (afgerond)lektor en lektrise 
1 % (afgerond)lektrus en lektra
lekteerder en lekteerderes

Afrikaans besit die vermoë om tussen twee geslagte te onderskei, maar in die meeste gevalle word die manlike vorm (of indien moontlik die onsydige vorm) egter in publikasies gebruik.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Voltooi die volgende idioom: Hoe kaler jonker, hoe groter ........ .
2 % (afgerond)die strooijonker
1 % (afgerond)lyk alles in die donker
96 % (afgerond)pronker 
1 % (afgerond)stonker

Die idioom "hoe kaler jonker, hoe groter pronker" word gebruik om na ʼn vermoënde persoon te verwys wat graag oor sy rykdom spog.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties