2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 21 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-08-2024 só ingevul:



Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid het swak ........ die skuld gegee vir die polisie se mislukte poging om misdaad te bekamp.
50 % (afgerond)polisie-intelligensie 
10 % (afgerond)polisieïntelligensie
11 % (afgerond)polisie intelligensie
29 % (afgerond)polisieintelligensie

In sommige samestellings moet 'n mens 'n koppelteken gebruik, byvoorbeeld by opeenhoping van klinkers. As die eerste deel van die samestelling op 'n klinker eindig en die tweede deel met 'n klinker begin, kan 'n mens moontlik die woord verkeerd uitspreek omdat 'n mens die klinkers saamtrek.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die ........ waarop my ma is, laat haar vinnig gewig verloor.
56 % (afgerond)dieet 
20 % (afgerond)diëet
24 % (afgerond)dieët

Die deelteken word nie gebruik by woorde wat op "-ieet" eindig nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.



........ Ek het al weer wiskunde gedop!
Watter tussenwerpsel sal 'moedeloosheid' uitdruk in bostaande sin?
94 % (afgerond)Ai tog...  
1 % (afgerond)Ja-nee
5 % (afgerond)A nee a!
1 % (afgerond)Gmf...

Tussenwerpsels word gebruik om emosies uit te druk.
"Ja-nee," betuig rustige, weloorwoë instemming; "Gmf..." druk verontwaardiging of minagting uit, terwyl "A nee a!" gebruik word om ergernis uit te druk.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



Ons sing graag met Kersfees "Die ........ is gebore".
hyland
3 % (afgerond)heiland
1 % (afgerond)Hyland
96 % (afgerond)Heiland 

Verwysings na die Opperwese word met ’n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties