05 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-09-2024 só ingevul:
Die bekende filmmaker, Roman Polanski, is oorspronklik van ........ .
Poland Pole
Poolland
Polië
Die land wat in Engels as "Poland" bekend staan en aan Duitsland grens, staan in Afrikaans as "Pole" bekend. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Wat is die vroulike vorm van "hingsesel"?
merrie-esel of eselin
eselmerrie
eselin
Die vroulik van "hings" is "merrie". Die "-in"-morfeem word slegs in 'n paar Afrikaanse woorde aangetref, soos "kelnerin", "leeuin", "waardin", "koningin", "godin", ensovoorts.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Annelene se ouers raak baie kwaad as daar goedsmoeds na ........ rituele in die media verwys word.
Satanistiese
satanistiese Satanistiese of satanistiese
Afleidings op "-isties(e)" wat uit eiename gevorm is, kan met 'n hoofletter of kleinletter geskryf word.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Hy praat ........ Frans.
horribale afskuwelike
"Horribaal" is 'n anglisisme; dit is oorgeklank van die Engelse woord "horrible".
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)