07 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-11-2024 só ingevul:
Hierdie is ........ . Oortreders sal vervolg word.
privaatgrond
privategrond privaat grond of private grond
Die woord "privaat" of "private" is 'n adjektief of byvoeglike naamwoord. Adjektiewe beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “privaat” sektor. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “privaat”, “meer privaat”, “die privaatste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Almal het gehelp sodat Oupa 'n ........ begrafnis kon hê.
waardige
waardig
waardigge
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Versoeningsdag is voorheen ........ genoem.
Gelofte Dag
geloftedag Geloftedag
gelofte dag
Die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae en feesgetye word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Die leier ........ .
in boesem vertroue by sy ondersteuners.
inboesem vertroue by sy ondersteuners. boesem vertroue in by sy ondersteuners.
boesem in vertroue by sy ondersteuners.
Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Hy boesem vertroue in.” en “Hy moet vertroue inboesem.”
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)