4006 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Feesdae

Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.

 

Datum

Afrikaanse Naam

1 Januarie

Nuwejaarsdag

21 Maart

Menseregtedag

Die Vrydag voor Paasfees

Goeie Vrydag

Die Maandag na Paasfees

Gesinsdag

27 April

Vryheidsdag

1 Mei

Werkersdag

16 Junie

Jeugdag

9 Augustus

Nasionale Vrouedag

24 September

Erfenisdag

16 Desember

Versoeningsdag

25 Desember

Kersdag

26 Desember

Welwillendheidsdag

 

 


Ander feesdae wat nie openbare vakansiedae is nie, word ook met hoofletters geskryf. Byvoorbeeld:

  • Hemelvaart of Hemelvaartsdag
  • Pinkster of Pinksterfees
  • Aswoensdag
  • Pase of Paasfees
  • Kersfees, Oukersaand, Kersnag
  • Oujaarsaand
  • Ramadaan
  • Chanoeka

Daar is ook internasionale feesdae wat nie vakansiedae is nie, en dit word ook met hoofletters geskryf. Byvoorbeeld:

  • Wêreldvigsdag
  • Meidag
  • Boomplantdag
  • Vadersdag





  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties