19 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-09-2024 só ingevul:
En toe slaan John vir Hendrik met die ........ oor die kop.
knop-kierie
knopkirie knopkierie
knop kirie
Die [i]-klank in die woord "kierie" is nie van Romaanse of Klassieke herkoms nie en word dus met "ie" in die middel van die woord geskryf.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die goeie nuus het haar ........ .
opgebeur
op gebeur
geöpbeur
geopbeur
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
U verwag dat ons op U sal vertrou, want ........ almag is groot.
U of u u
U
Die besitlike voornaamwoorde "sy" en "u" (vir God) word met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
In die winter slaap ek onder twee komberse. Onder watter subkategorie van die naamwoord val "komberse" in bostaande sin?
warmtename
eiename soortname
massaname
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "kombers", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)