2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 20 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-09-2024 só ingevul:



Die groep mense se ........ was hartroerend.
15 % (afgerond)gelofte-aflegging
73 % (afgerond)gelofteaflegging of gelofte-aflegging 
12 % (afgerond)gelofteaflegging
gelofteäflegging

Dis nie altyd so dat 'n opeenhoping van vokale die uitspraak of lees van woorde bemoeilik nie, maar indien die gebruiker voel die moontlikheid vir verwarring bestaan, kan 'n koppelteken gebruik word.
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Idioom: Nie werd om iemand se ........ vas te maak nie.
41 % (afgerond)veters
1 % (afgerond)tou
55 % (afgerond)skoenriem 
3 % (afgerond)lyfband

Die idioom, "nie werd om iemand se skoenriem vas te maak nie," beteken 'heeltemal iemand se mindere wees. Die idioom kom uit die Bybel waar Johannes die Doper die woorde ten opsigte van Jesus gebruik.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Martjie was drie jaar oud toe sy haar eerste ........ gehad het.
ope hart operasie
88 % (afgerond)opehartoperasie  
6 % (afgerond)opehart-operasie
6 % (afgerond)ope hartoperasie

Wanneer 'n woordgroep bestaan uit 'n byvoeglike naamwoord (of telwoord) en selfstandige naamwoord wat in 'n samestelling as bepaler by 'n volgende selfstandige naamwoord optree, word al drie elemente vas geskryf. Ons noem dit 'n samestellende samestelling.

Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Chris is ons ........ op die gebied van sport.
66 % (afgerond)ghoeroe  
8 % (afgerond)goeroe
15 % (afgerond)ghuru
11 % (afgerond)guru

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties