2982 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Vokaalopeenhoping

As 'n opeenvolging van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen die dele van samestellings daartoe lei dat die woord verkeerd gelees word, word 'n koppelteken tussen die dele geplaas. 

 

Dieselfde vokaalletters by die verbindingspunt

  • bo-op
  • na-aap
  • see-eend
  • senu-uitputting
  • toe-eien
  • vroue-emansipasie
  • wa-as
  • foto-omslag
  • diere-epos
  • Comorre-eiland
  • Maagde-eiland

Verskillende vokaalletters by die verbindingspunt:

  • bo-ent
  • koedoe-ingewande
  • bo-ingang
  • buite-uitsending
  • kiwi-eier
  • presisie-instrument
  • senu-ineenstorting
  • studente-unie


By sommige woorde met 'n opeenvolging van vokaalletters wat nie moeilik of verkeerd gelees word nie, hoef daar nie 'n koppelteken ingevoeg te word nie. Die gebruiker kan self daaroor besluit. Byvoorbeeld:

 

  • boaan of bo-aan
  • negeuur of nege-uur
  • ruolie of ru-olie
  • syingang of sy-ingang
  • taxioorlog of taxi-oorlog
  • studieobjek of studie-objek

 


 

As die lettergreepverdeling in 'n woord nie heeltemal duidelik is nie of as die woord om dié rede meer as een betekenis kan hê, kan 'n koppelteken gebruik word om die korrekte lettergreepverdeling aan te dui. Byvoorbeeld:

  • bo-sluis teenoor bosluis
  • rooi-sel teenoor rooisel
  • dop-ertjie teenoor dopertjie
  • pronk-ertjie teenoor pronkertjie
  • ru-gare teenoor rugare
  • sand-aal teenoor sandaal
  • tromp-op teenoor trompop





  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties