2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 23 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-09-2024 só ingevul:



Die vliegtuig vlieg hoog bokant die stad.
Wat is die woordsoort van "hoog" in bostaande sin?
33 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
63 % (afgerond)bywoord 
1 % (afgerond)voornaamwoord
2 % (afgerond)voegwoord

'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe vlieg die vliegtuig? Die antwoord: "hoog".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



As dit nie was vir die flinke optrede van die ambulansman wat ........ op Jan toegepas het nie, sou Marie moontlik vandag 'n weduwee gewees het.
19 % (afgerond)mond-tot-mondasemhaling
67 % (afgerond)mond-tot-mond-asemhaling of mond-tot-mondasemhaling 
10 % (afgerond)mond-tot-mond-asemhaling
3 % (afgerond)mond tot mond-asemhaling

Indien 'n woordgroep van drie of meer woorde wat op sigself nie gekoppel word nie, in 'n samestelling optree saam met 'n bykomende woord of woorde, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder 'n koppelteken vas aan die res geskryf. (Bron: AWS 12.21)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Hy het sy ........ stukkend geval.

95 % (afgerond)knieë  
kniegs
1 % (afgerond)kniee
3 % (afgerond)knië

Naamwoorde wat op “-ee”, “-i”, “-ie” of “-oe” eindig, vorm die meervoud met “-eë”, “-ië”, “-ieë” en “-oeë”, byvoorbeeld “knie – knieë”, “alkali – alkalië”, “genie – genieë” en “proe – proeë (AWS 13.10)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die uitdrukking "komkommertyd" beteken ........ .
25 % (afgerond)baie druk tyd
5 % (afgerond)tyd wanneer iemand dink hy of sy is "cool".
58 % (afgerond)stil tyd wanneer nie veel gebeur nie 
13 % (afgerond)tyd wanneer jy jou moet bekommer

Die uitdrukking "komkommertyd" beteken 'stil tyd wanneer nie veel gebeur nie'. Die komkommer kom oorspronklik uit Asië, veral Indië, en daar is lank geglo dat daar nooit veel gebeur in Indië nie. In Europa was Augustus die komkommertyd, omdat die handel in die somervakansie afneem.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties