2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 04 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-10-2024 só ingevul:



Ek het 'n ........ horlosie vir Kersfees gekry.
2 % (afgerond)goude
1 % (afgerond)goud
gou
97 % (afgerond)goue 

In die attributiewe vorm van die woord "goud" val die "d" weg en kry dit 'n "-e" agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Antibiotika is 'n ........ vir 'n groep geneesmiddele.
4 % (afgerond)poliseem
1 % (afgerond)homoniem
88 % (afgerond)versamelnaam 
7 % (afgerond)sinoniem

'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Benamings vir 'n aantal gelyksoortige begrippe word ook dikwels gesien as versamelwoorde.
Sien ook die bladsy Versamelname.



Die ........ het in 2014 in 'n verslag sowat 20 kontrakte as onregmatig uitgewys.
ouditeur se generaal
39 % (afgerond)ouditeurgeneraal
56 % (afgerond)ouditeur-generaal 
5 % (afgerond)ouditeur generaal

Titels of ampte met "generaal" word met 'n koppelteken gespel, byvoorbeeld "ouditeur-generaal".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ons het oor 'n glas wyn sit en peins oor dinge wat anders kon gewees het.
'n Sinoniem vir die woord "peins" is ........ .

4 % (afgerond)kerm
5 % (afgerond)mopper
10 % (afgerond)onthou
82 % (afgerond)mymer 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "mymer" kom nie meer so dikwels voor nie, maar beteken 'jou in weemoedige gedagtes versink'.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties