2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 07 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-10-2024 só ingevul:



Ek vind die verhaal nogal amusant.
Wat is die is die woordsoort van "amusant" in bostaande sin?
23 % (afgerond)bywoord
68 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
8 % (afgerond)selfstandige naamwoord
1 % (afgerond)voornaamwoord

’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “amusante” verhaal. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “amusant”, “amusanter”, “die amusantste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Moet jou nou nie ........ hou nie; wees bietjie meer inskiklik.
4 % (afgerond)hardekojawel
1 % (afgerond)harde-koejawel
89 % (afgerond)hardekoejawel 
6 % (afgerond)harde koejawel

Byvoeglike naamwoorde (soos "harde") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "koejawel") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. 
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Ek sien uit na Ouma se vars ........ brood en beskuit.
19 % (afgerond)tuisgemaakte
79 % (afgerond)tuisgebakte 
tuis gemaakte
2 % (afgerond)tuis gebakte

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Hier is vir jou ʼn ........ appels uit my tuin.

1 % (afgerond)bundel
96 % (afgerond)pluksel 
werpsel
3 % (afgerond)bondel

ʼn Versameling appels is ʼn pluksel, babahondjies is ʼn werpsel, ʼn klomp wasgoed is ʼn bondel en ʼn versameling gedigte is ʼn bundel. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)

Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties