2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 09-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 09 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-10-2024 só ingevul:



Ek het vanoggend ........ werk toe op 'n groot ongeluk afgekom, daarom was ek laat.
1 % (afgerond)op-pad
39 % (afgerond)oppad
opad
59 % (afgerond)op pad 

Kombinasies bestaande uit 'n voorsetsel "op" en naamwoord "pad", word gewoonlik los geskryf, byvoorbeeld "op pad", "by uitstek", "aan huis".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Jy moet jou humeur ........ , anders kan dit jou in die moeilikheid laat beland.
3 % (afgerond)beteuël
1 % (afgerond)beteël
95 % (afgerond)beteuel 
1 % (afgerond)beteel

Ter wille van tradisie of in gevalle waar geen uitspraakprobleme ontstaan nie, word die deelteken nie gebruik nie, byvoorbeeld "beteuel", "dae", "geolie" en "geykte" (AWS 5.1b).
Sien ook die bladsy Deelteken.



Daar was nie genoeg geld om die leerders ........ busvervoer te voorsien nie.
in
1 % (afgerond)vir
90 % (afgerond)van 
9 % (afgerond)met

'n Mens voorsien iets "aan" iemand, "in" iemand se behoeftes en "van" iets, byvoorbeeld "busvervoer".
(Bron: Voorsetselwoordeboek)
Sien ook die bladsy Kollokasies.



"Die beskuldigde pleit onskuldig, ........ ."
38 % (afgerond)u Edele of U Edele
2 % (afgerond)slegs U edele
22 % (afgerond)slegs U Edele 
38 % (afgerond)slegs u Edele

Die dele van aanspreekvorme van hoogwaardigheidsbekleërs begin met 'n hoofletter (AWS 9.6).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties