2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 14 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-10-2024 só ingevul:



Ivo het vyf jaar gelede afgetree.
Wat is die woordsoort van "gelede" in bostaande sin?
5 % (afgerond)selfstandige naamwoord
9 % (afgerond)voegwoord
60 % (afgerond)bywoord 
26 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hy het vyf jaar hoe afgetree? Die antwoord: gelede.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die ........ het in 2014 in 'n verslag sowat 20 kontrakte as onregmatig uitgewys.
72 % (afgerond)ouditeur-generaal 
23 % (afgerond)ouditeurgeneraal
5 % (afgerond)ouditeur generaal

Titels of ampte met "generaal" word met 'n koppelteken gespel, byvoorbeeld "ouditeur-generaal".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ek het gister drie ........ gekry.
5 % (afgerond)e-poste
11 % (afgerond)eposse
84 % (afgerond)e-posse 
1 % (afgerond)eposte

Die meervoud is "e-posse"; "eposse" is lang verhalende gedigte.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die ontbyt was ........ ; ek gaan beslis weer daar ontbyt eet.
5 % (afgerond)van die boonste rakke af
94 % (afgerond)uit die boonste rakke 
1 % (afgerond)op die boonste rakke

Die idioom "uit die boonste rakke" beteken 'van die heel beste'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties