28 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-10-2024 só ingevul:
Hy het 'n stukkende horlosie aan my probeer verkwansel. Die woordsoort van "probeer" is 'n ........ .
skakelwerkwoord
voegwoord
hulpwerkwoord
selfstandige naamwoord
'n Skakelwerkwoord skakel gewoonlik 'n hulpwerkwoord en hoofwerkwoord aan mekaar (hy sal probeer om sy pap te eet; sy wou hom help om groente te kweek)
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die burgemeester is aangesê om enige tender te aanvaar soos hy ........ .
goed-dink goeddink
goed dink
Hoewel 'n kombinasie van 'n bywoord en 'n werkwoord gewoonlik los geskryf word, word sommige samestellings met "goed" as gevolg van betekenisverdigting wel vas geskryf, byvoorbeeld "goeddink", "goedkeur" en "goedpraat".
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Die ou regulasies is ........ en nuwe regulasies is nou van krag.
geafskaf
geäfskaf afgeskaf
af geskaf
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)