09 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-06-2025 só ingevul:
Die oorlog in Sirië veroorsaak 'n groot vlugtelingkrisis in Europa. Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "Europa" in bostaande sin?
soortname landname eiename abstrakte naamwoorde
Eiename dui op spesifieke persone, plekke, organisasies, publikasies ens. en neem gewoonlik nie meervoud nie. In teenstelling met soortname, begin eiename gewoonlik met 'n hoofletter, byvoorbeeld "Europa", "Kaapstad", "Skaapwagter" (toestel) "Jurgens", "Beeld", ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
My swaer kla gereeld oor die ........ in die omgewing wat jag maak op sy lammers.
Rooikat rooikat rooi kat Rooi-kat
By plant- en diername waar die byvoeglike naamwoord kleur aandui, word dit tradisioneel vas aan die naamwoord geskryf (AWS 14.29). Ander voorbeelde sluit in "swartmamba" en "witborskraai".
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ons het vandag 'n ........ in die klas opgevoer waar Rooikappie deur die wolf gevang word.
dramatjie dramadjie dramaatjie drama'tjie
Indien 'n woord op 'n kort "a" eindig, kry dit nie in die verkleiningsvorm 'n afkappingsteken nie. Wanneer die word op 'n lang "a" eindig, kry dit wel 'n afkappingsteken in die verkleiningsvorm. Byvoorbeeld: "drama - dramatjie", maar "hoera - "hoera'tjie".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Idioom: Die ........ begrawe.
strydbyl mes geweer swaard
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)