2216 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 25 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-08-2025 só ingevul:



Wanneer ek klaar is met skool, wil ek graag by die toneel betrokke raak.
Wat is die woordsoort van "toneel" in bostaande sin?
1 % (afgerond)bywoord
3 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
96 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
1 % (afgerond)voegwoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “toneel - die toneel – tonele”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die ........ het die dief wat my selfoon gesteel het, tronkstraf opgelê.
24 % (afgerond)landros
76 % (afgerond)landdros 
land dros

ʼn Samestelling ("landdros") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("land" en "dros") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die woord "landdros" is afkomstig van die ou Nederlandse woord "landdrost" wat ‘geregsdienaar op die platteland’ beteken.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Asië is die ........ kontinent in die wêreld.
99 % (afgerond)grootste 
1 % (afgerond)mees grootste
meer grootste
mees grootte

In die oortreffende trap word die woord “mees” nooit saam met “-ste” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Idioom: 'n Kinkel in die ........ .
1 % (afgerond)tou
1 % (afgerond)lint
1 % (afgerond)koord
98 % (afgerond)kabel 

Hierdie idioom beteken 'daar is 'n probleem'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties