2072 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-04-2026 (vlak 2)



vorige toets 29 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 29-04-2026 só ingevul:



Die party het swak gevaar in die onlangse ........ .
2 % (afgerond)plaaslike regerings-verkiesing
3 % (afgerond)plaaslike regerings verkiesing
53 % (afgerond)plaaslike regeringsverkiesing
43 % (afgerond)plaaslikeregeringsverkiesing 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en ʼn selfstandige naamwoord, byvoorbeeld "hoëhakskoen", "plaaslikeregeringsverkiesing", "konstantesnelheidslasas".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



My hond is 'n ware yster ........ my kat moet 'n mens ook maar versigtig voor wees!
1 % (afgerond)/
26 % (afgerond),
72 % (afgerond); 
1 % (afgerond):

'n Kommapunt kom in die middel van 'n sin voor. Daar is 'n belangrike verband tussen die dele voor en ná die kommapunt, selfs al lyk die twee na twee volwaardige sinne wat ook los van mekaar sou kon staan.
Sien ook die bladsy Kommapunt.



Idioom: Iemand se rieme is ........ .
9 % (afgerond)vas
19 % (afgerond)pap
40 % (afgerond)styf
33 % (afgerond)los 

Die idioom "iemand se rieme is los" beteken 'iemand is verlief'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ds. ........ het die verrigtinge met skriflesing en gebed geopen.
46 % (afgerond)van der Merwe
54 % (afgerond)Van der Merwe 

Na 'n titel word die eerste lid van 'n meerledige van (soos "van der Merwe") altyd met 'n hoofletter geskryf, tensy daar 'n voorletter of naam voor die van voorkom (byvoorbeeld "Ds. Jan van der Merwe").
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
50% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties