2152 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 16 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-04-2026 só ingevul:



Die ........ het vasgehaak; nou kan ek nie meer die broek aantrek nie.

77 % (afgerond)ritssluiter 
2 % (afgerond)ritsleiter
ritsslyter
21 % (afgerond)ritsluiter

ʼn Samestelling (“ritssluiter”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“rits” en “sluiter”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Jason speel klavier ........ viool en kontrabas.
geen leesteken
98 % (afgerond)komma 
1 % (afgerond)kommapunt
punt

Ons gebruik 'n komma by 'n lys woorde, maar gewoonlik nie voor die voegwoord "en" nie.
Sien ook die bladsy Komma.



Idioom: Die ........ maak die voël.
3 % (afgerond)vlerke
96 % (afgerond)vere 
stert
1 % (afgerond)klere

Die idioom "die vere maak die voël" beteken ''n mens word na sy klere beoordeel'. (Bron: HAT).
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



My pa se plaas se naam is ........ .
saaimansrus
Saaiman rus
100 % (afgerond)Saaimansrus 
saaiman rust

Eiename name, byvoorbeeld die name van plase, begin met 'n hoofletter en word gewoonlik vas geskryf.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties